Visie en Waardes

Ons bestaan om Mense van alle nasies te oortuig om Christus met passie te volg

 

  1. ‘n Kerk waar die evangelie verkondig word, wat liefdevol is en ‘n skoon lewe lei. Hulle is betrokke by wêreldsending en uitreiking na ongereddes in die gemeenskap op persoonlike en openbare vlak.
  2. ‘n Kerk waar die gereelde verkondiging en lering van die Bybel belangrik is en die gesag van die skrif finaal is.
  3. ‘n Kerk waar die liggaam of lede verseker is van God se genade in hul lewe en die sekerheid het van die seëninge van die Nuwe Verbond in Christus.
  4. ‘n Kerk waar elkeen gedoop is in water en die Heilige Gees en gebring word na ‘n opregte Gees vervulde lewe.
  5. ‘n Kerk waar God se teenwoordigheid kosbaar is en God met entosiasme aanbid word en almal vry voel om in die Heilige Gees te prys en aanbid en waar geestelike gawes gebruik work om mekaar te bedien.
  6. ‘n Kerk wat gesamentlik en van huis tot huis as ‘n liefdevolle gemeenskap saam kom en in elkeen se geestelike en materiele behoeftes help voorsien.
  7. ‘n Kerk waar gesinne Bybelse waardes uitleef, waar getroudes glo in dienende leierskap van die man en blymoedige onderdanigheid van die vrou, en waar kinders opgevoed word volgens goddelike waardes. Ook word enkellopendes ondersteen in die unieke en waardevolle plek wat hulle het.
  8. ‘n Kerk wat deur opgeleide, bekwame manne gelei word (van wie één duidelik gegaafd is om die leier te wees) geseën deur die Heilige Gees en bevestig en bekragtig deur Apostoliese bediening. Hierdie manne het die hulp en ondersteuning nodig van al die bedienge in die Kerk om hulle roeping te vervul.
  9. ‘n Kerk waar leiers (ouderlinge of “elders”) gerespekteer en erken word as dienende leiers, wat die mense versorg deur gepaste geestelike middele te voorsien waar nodig.
  10. ‘n Kerk wat nie selfvoldaan of selftevrede is en hulle beywer om te groei in geloof, gebed, vrygewigheid, aksie en invloed van die evangelie.
  11. ‘n Kerk waar die lede toegerus is vir hul rol van diens in die Kerk en gemeenskap, insluitend die opleiding van diegene wat geroep is tot plaaslike bediening.
  12. ‘n Kerk wat deel in die gesamentlike Apostoliese roeping om die Koningryk van God wêreldwyd uit te brei, deur die herstel van Nuwe Testament kerk lewe. Deur dissipels te maak, leiers op te lei en Kerke te plant deur heelhartige finansiële ondersteuning verwelkoming van gemeenskap bedieninge, gereelde bywoning van byeenkomste. Die bevordering van ons publikasies en deel of sirkulasie van nuus.
  13. ‘n Kerk wat omgee vir die armes in ons area en hulle bemagtig in hulle gemeenskap en verder.
  14. ‘n Kerk wat die Nuwe Testament lering heelhartig aanneem van die nuwe mens wat liefde en respek tussen rasse, Kulture en geslagte uitleef.
  15. ‘n Kerk wat bewys dat hulle lig en sout is in hul omgewing, en ‘n verskil maak in die Kultuur van die gemeenskap.
  16. ‘n Kerk wat verbind is tot uitstekende verhoudings met ander Christene en Kerke in die gemeenskap.
  17. ‘n Kerk wat aanmoediging en korreksie van plaaslike bediening verwelkom in die vervalling van hul doelstellings
Back to top